Ek luister na badwater. Radio Kaboesna se ateljee het twee mikrofone. Vanoggend is ‘n seuntjie in die Moedergemeente gedoop. Gister, by die petrolstasie met die oulike koffiewinkel, het ‘n vragmotor in ‘n bus vasgery teen 2 km/h. Eergister het ‘n jong man selfmoord gepleeg. Dit reen.